{"id":55,"date":"2019-10-31T05:52:14","date_gmt":"2019-10-31T05:52:14","guid":{"rendered":"http:\/\/emmakotze.co.za\/?p=55"},"modified":"2019-10-31T05:52:14","modified_gmt":"2019-10-31T05:52:14","slug":"geloof-maak-salig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/2019\/10\/31\/geloof-maak-salig\/","title":{"rendered":"Geloof maak salig"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek wens dat ek\nmeer oortuigend in, wel regtig enigiets, kan glo. Ek is stilletjies jaloers op\ndie feit dat ander doelgerig, gefokus en byna na\u00efef (of dit is hoe ek dit\nervaar) in dinge kan glo. Ek hou aan die dun lewenslyn van (spirituele) geloof\nvas en om eerlik te wees, kan ek nie eers s\u00ea dat ek gevolglik liewer op mense, wetenskap\nof \u0149 ekonomiesesisteem staatmaak om van die w\u00eareld sin te maak nie. Ek vind\nmense tegelykertyd verskriklik interessant en hartverskeurend teleurstellend. Gevoglik\nis die wetenskap en ekonomie, wat op menslike bevoegdheid staatmaak, vir my \u0149\nwankelende alternatief tot geloof in \u201ciets\ngroter\u201d. Bo en behalwe die\nuitdagings van spirituele geloof, is dit vir my moeilik om te glo in meeste van\ndi\u00e9 dinge wat funksionaliteit en struktuur aan \u0149 samelewing bied: die keuse van\n\u0149 lewenslange eggenoot (of dat die huwelik enigsins nog \u0149 \u201cding\u201d is); dat dit\nOK sal wees om voort te plant; die uitkies van leiers en die blinde vertroue\ndat di\u00e9 keuse nou maar sal moet doen. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek wil ook kan\nglo dat as \u00e9k \u0149 <em>vegan<\/em> word, dit \u0149 verskil sal maak. Ek wil kan glo dat\nmense wel betyds die erns van die saak sal besef en aardverwarming sal te\u00ebwerk,\n\u00f3f alternatiewelik dat Jesus weer sal kom voor dit werklik onuitstaanbaar warm\nword. Ek is nydig dat my vriendin, met die ironiese tersyde \u201cek het gedink jy\nsal daai ene geniet Emsie\u201d, in haar <em>voice note<\/em> kan s\u00ea \u201cTo live is\nChrist, to die is gain\u201d (ek is nog altyd nie 100% seker wat hierdie uitdrukking\nbeteken nie) of dat Elon Musk verbete, sonder dat dit blyk of dit hom pla dat\nander sy sielkundige welstand betwyfel, aan sy kolonialiseringsplan van Mars\nkan bou. As \u0149 intu\u00eftiewe reaksie hierteen, wonder ek in sulke oomblikke hoe my\nen di\u00e9 <em>voice-note-vriendin <\/em>se siening van Christus so v\u00ear verwyderd is\nvan mekaar. Ek kan nie help om te wonder of dit nie maar net n\u00f3g \u0149 mantra is wat\nvoorgehou word as wapenrusting teen die onverklaarbare loop van die lewe nie? Ek\nkan nie eers begin om Musk se gedrewe entrepreneursgees te bewonder nie want ek\nis verstom oor die feit dat enigiemand nog toegelaat word om enigiets te kolonialiseer.\nHoe gaan Mars enigsins anders as hier ter aarde wees? Nou dat die idee van \u0149\nlappie grond eien wat nie aan ons behoort nie minder popul\u00ear raak hier, op ons\neerste planeet, gaan ons dit nou maar elders probeer totdat ons alles in sig\nvernietig het? <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek staan egter nie net op die kantlyn en kritiseer ander se oortuigings nie, nes elke ander een het ek ook al \u0149 paar onsinnighede opgedroom. \u00c9k wil glo dat Jesus werklik \u0149 moerse <em>cool dude<\/em> was, wat oopkop oor goed gedink het en dikwels t\u00e9 veel wyn gedrink het. Ek wil my kan verbeel dat die profeet Mohammed ook in die prentjie was (hy het nie saam wyn gedrink nie <em>though<\/em>), \u00e9n hulle was tjommies (ignoreer maar die <em>obvious <\/em>tydlyn teenstrydigheid). Jesus en Boeddha was eintlik ook op \u0149 spirituele vlak <em>connected <\/em>en het dikwels notas uitgewissel oor <em>self-sacrifice. <\/em>Ek wil glo die Here is <em>chilled<\/em> met homoseksualiteit (of enige seksualiteit <em>for that matter<\/em>). Ek wil glo dat mense eintlik goed is en dat ons nie net blindelings aan morele <em>teachings<\/em> vashou wat na eeue in ons kultuur ingegraveer is nie. Ek wil glo dat ek myself omring met intelligente mense wat anders as ek glo, en dat ek gevolglik \u0149 gesonde en uitgedaagde opinie van my eie vorm. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2026ek wil kan glo\ndat \u00e9k reg en ingelig glo\u2026<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hier is egter waar\ndie probleem insluip. Ek kan nie selfversekerd &nbsp;en onvertwyfeld glo dat wat en hoe ek glo is\nreg nie, want dis nie hoe ek glo nie. Ek is van nature skepties en pragmaties, danksy\n<em>nature <\/em>en <em>nurture<\/em>. Sodoende is ek verplig om ook oor my eie oortuigings\nte twyfel, almal van hulle. Geloof maak wel salig, d\u00edt glo ek, en miskien is ek\nmeerendeels desperaat op soek na daardie saligheid. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir tyd en wyl, wandel\nek maar onseker op die aarde rond (nie heeltemal oortuig dat die bietjie geloof\nwat ek oor het sal lei tot \u0149 wonderbaarlike hiernamaals nie), vir <em>good\nmeasure <\/em>probeer ek my bes om minder my motor te gebruik, ek herwin my\nplastiek en eet nie op Maandae vleis nie. Ek bid soggens dat die Here my genadig\nsal wees in my wankelende geloof, en ek hoop dat ek Sondagoggend voor kerk \u0149\nkans sal kry om Mark Manson se <em>The Subtle Art of Not Giving a Fuck <\/em>klaar\nte lees. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek wens dat ek meer oortuigend in, wel regtig enigiets, kan glo. Ek is stilletjies jaloers op die feit dat ander doelgerig, gefokus en byna na\u00efef (of dit is hoe ek dit ervaar) in dinge kan glo. Ek hou aan die dun lewenslyn van (spirituele)&nbsp;<a class=\"read-more\" href=\"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/2019\/10\/31\/geloof-maak-salig\/\">&hellip;<\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":5,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-55","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=55"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":56,"href":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55\/revisions\/56"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/5"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=55"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=55"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/emmakotze.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=55"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}